meganiese-tegnologie


Wat is Meganiese Tegnologie


Meganiese Tegnologie fokus op konsepte en beginsels in die meganiese (motor, mynbou, skeepsvaart, spoor, krag,
opwekking, ens.) omgewing en op die tegnologiese prosesse.


Dit behels praktiese vaardighede en die toepassing van wetenskaplike beginsels.


Die vak se mikpunt is die skep en verbetering van 'n omgewing sodat die lewenskwaliteit van die individu en samelewing
verhef word, asook die versekering van die volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne.


Spesifieke mikpunte
• Die Meganiese Tegnologie-leerder moet geïnteresseerd wees in enige van die meganiese entiteite. Dit kan
motors, vliegtuie, treine, sweiswerk, instandhouding ens, insluit.


• Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Ingenieursgrafika en -ontwerp vorm deel van die meganiese studieveld
en leerders word aanbeveel om die vakke saam met Meganiese Tegnologie te neem.


• Die kern van Meganiese Tegnologie is in wese 'n toegepaste wetenskap wat trigonometrie, Newton se
wette en chemiese vergelykings insluit wanneer daar met sekere sweistegnieke, brandstofontsteking,
brandstofinspuiting, verkoelingsisteme, ens. gewerk word.


Die hoofonderwerpe in Meganiese Tegnologie is:


• Veiligheid – Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (BGV)


• Gereedskap en toerusting;


• Materiale – ysterhoudende en nie-ysterhoudende materiale asook legerings en die yster-koolstof ewewigsdiagram


• Terminologie – vervaardigingsprosesse met verwysing na die draaibank (diameter-draaiwerk, tapsnywerk,
skroefdraadsny) en freesmasjiene (snymetodes, verdeelkop, sentrering van snyer);


• Hegtingsmetodes – permanente (sweis) en semi-permanente hegtingsmetodes (boute-, moere en
klinknaels)


• Kragte – kragte, momente, Young se modulus, spanning en vervorming


• Onderhoud


• Stelsels en beheer
-- Meganiese stelsels – ratte, bande, katrolle, krag transmissie, kettings, koppelaars, nokke, hefbome ens;
-- Hidroulika – suiers, kleppe, Pascal se wet
-- Pneumatika

Elektriese bedrading – aansitter- en laaistroomkringe asook
-- Elektroniese toepassings – sluitweer remstelsel (ABS), brandstofinspuiting, lugsakbeheer, ens:


• Enjins – diesel en petrol, twee- en vierslag
• Pompe – sentrifugale, water en
• Turbines – super- en turbo-aanjaers, gas- en stoomturbines

Loopbaangeleenthede in Meganiese Tegnologie:


• Vakleerlingskap as motorwerktuigkundige, passer en draaier, sweiser, ketelmaker, trekkerwerktuigkundige,
ens.


• Ingenieursstudies in lugvaart, lugversorging, motorvoertuie, enjins, skeepsbou, kragstelsels, kragstasies,
ens.


• Studiegeleenthede in verskeie meganiese rigtings by universiteite van tegnologie


• Die mark betree as entrepeneur in verskeie velde soos: presisie masjinering, programmering van
draaibanke en freesmasjiene, pas van bybehore op motors en swaarvoertuie om verrigting te verbeter,
onderhoud van verskeie meganiese installasies


• Navorsing en ontwikkeling van nuwe en bestaande entiteite in die meganiese veld


• Al is Meganiese Tegnologie nie 'n universiteitstoelatingsvak nie, gee dit tog aan die leerder die voordeel van kennis oor
wat verwag kan word in enige meganiese studierigting



Foto

Fotos

Sweis

Kinders besig om te leer sweis.

Sweis

Kinders besig om te leer sweis.

Sweis

Kinders besig om te leer sweis.

Sweis

Kinders besig om te leer sweis.

Sweis

Kinders besig om te leer sweis.

Sweis

Kinders besig om te leer sweis.

Sweis

Kinders besig om te leer sweis.

Meganiese Tegnologie

Kinders toets bietjie hulle vervoermiddele wat hulle in die klas gemaak het.

Meganiese Tegnologie

Kinders toets bietjie hulle vervoermiddele wat hulle in die klas gemaak het.

Meganiese Tegnologie

Kinders toets bietjie hulle vervoermiddele wat hulle in die klas gemaak het.

Kontak Ons

E-pos Adres

dwn@blouskool.co.za

Telefoonnommers

056 212 4551
056 212 5433

Faksnommer

056 212 5434

Posadres

Privaatsak / Private Bag X38
Kroonstad
9500

Adres

Noordweg / North Way
De Wet Nel Terrein / Terrain
Kroonstad
9499
S27°38.103' E27°14.023'