rugby


SEWESRUBY

Tydens die SA School Sports kampioenskap in Gauteng het Bloues se 0/15 sewes-rugbyspan as Vrystaatspan deelgeneem. Al die SA provinsies het deelgeneem. Vrystaat 0/15(Blouskool) het 3de in die land geeindig deur die bronsmedalje te wen.

 

0/14 Rugby

Op die rugbyveld was dit harde werk en was daar nie tyd vir leeglê nie. Gedurende die April- en Julievakansies is oefenkampe gehou. Alhoewel die jaarlikse uitslae nie altyd aan die verwagtinge voldoen het nie, was die spelers se spel deurgaans in ‘n opwaartse kurwe en het hulle met elke wedstryd verbeter. Met die laaste wedstryd was al die spelers vir die eerste keer hierdie seisoen almal “aangeskakel’ met die gevolg dat die jaar op ‘n hoendervleis-hoogtepunt afgesluit het. 

 

O/15 Rugby

Die onder 15-rugbyspan het in die 2015-seisoen swaargekry en moes ongelukkig in 5 van sy 6 wedstryde die knie buig. Deur die loop van die seisoen, ten spyte van elke naweek se teleurstellings het die span goeie veggees en karakter gewys deur hulle laaste wedstryd teen HTS Welkom in ‘n naelbytwedstryd in die laaste minuut te wen met 13-12.  Dit was vir elke seun ‘n ongelooflike gevoel om as wenners van die veld af te stap.  

0/16 Rugby

Die seisoen het goed begin met ’n wen of twee waarmee ons toe baie selfvertroue kon opbou vir die liga, maar weens beserings en sleutelspelers wat vir ‘n paar wedstryde op die krukkelys was, het die seisoen moeilik afgeskop. Die spelers het wel gedurende die seisoen hulle spelpeil verbeter en na die einde van seisoen beter rugby begin speel.  

2 de span

Die 2015-rugbyseisoen was ‘n harde seisoen met ‘n relatiewe junior span.  Ons het met baie moed die seisoen aangepak. Die seuns het hard geoefen en mooi rugby gespeel. Ons het ‘n totaal van sewe wedstryde gespeel waarvan ons drie gewen het.

   

1 ste Span

Graag wil ons almal bedank wat ons so getrou ondersteun het. In besonder vir Mary-Ann van Aswegen en Imperial Ford wat weer eens Bloues se eerste span geborg het. Ek doen ook ʼn beroep op ons ouers om Imperial Ford asook vir Errol en Elizna wat gehelp het om die seuns se lywe sterk en fiks te kry te ondersteun. Dankie aan Gert Schoeman en Piet Heckroodt wat ons by die afrigting gehelp het.  Jul insette was van onskatbare waarde.

Die 2015-seisoen het op Senekal afgeskop waar ons aan hul aandreeks deelgeneem het.  Ons het vier wedstryde gespeel en al vier gewen. Aan die einde van die eerste kwartaal het ons twee oefenwedstryde gespeel waarvan ons een gewen het.

Tydens die Aprilvakansie het die eerstespan Parys toe getoer. Drie wedstryde gespeel en die toer onoorwonne afgesluit.

Bloues het die volgende provinsale spelers opgelewer. 

o/18 Akademiespan:    Henro de Vos                                                                                                                                               o/19 Griffons:  Jan-Louis du Plessis; Joé Jardim; Jaco van Oudtshoorn

o/18 Bokkieweek:  Mias Venter; SJ Kruger;  Joé Jardim;  TP  Kleinhans 

o/16 Grant Khomo:  Eben November 

o/16 Flaminke:  Eben Wolmerans;  Jaco van Zyl                                                                                                                                                             

Senekal Aandreeks 2016

Ons het met ʼn jong en onervare span begin oefen. Aanvanklik was die manne onseker en het nie heeltemal geweet wat op hulle wag nie. Die uitdaging is aanvaar en elke speler het sy hart uitgespeel. Uit ‘n totaal van vier wedstryde is 17 drieë gedruk en net 4 afgestaan. Hulle het  mooi rugby gespeel en die harde werk is beloon met drie oorwinnings. 

 

Senekal-aandreeks 2016: 4 Wedstryde

            KHS     vs        Henneman                 19 / 0    Wen

            KHS     vs        Witteberg                   17 / 5    Verloor

            KHS     vs        Wessel Maree            34 / 7    Wen

            KHS     vs        Marquard                    64 / 0   Wen

 

 

 

 

Foto

Fotos

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

Rugby

Van onspelers in aksie

SEWESRUGBY

Op die foto is die span as volg Voor: Japie faasen (Afrigter), Henrico Wolmarans, Teanu Freitas, Henco Weideman, Thabang Hlohlolo en André Scott Agter: Aletta de Nysschen (Spanbestuurder), Conrad Rossouw, Jaun Malan, Johann Steyn (O/Kaptein), Marco Bester (Kaptein), Derek Alexander, Gerhard van Zyl, TP Moshodi en Tshepo Chabeli (Junior manager)

Kontak Ons

E-pos Adres

dwn@blouskool.co.za

Telefoonnommers

056 212 4551
056 212 5433

Faksnommer

056 212 5434

Posadres

Privaatsak / Private Bag X38
Kroonstad
9500

Adres

Noordweg / North Way
De Wet Nel Terrein / Terrain
Kroonstad
9499
S27°38.103' E27°14.023'