Prestasies Akademie

Prestasies
2016 se Matrikulante blink uit.

Die Hoërskool Kroonstad se matrikulante het baie goed tydens die eindeksamen gevaar. Die slaagsyfer is 98.2% waarvan 50% leerders met matriekvrystelling geslaag het en 46.3% kan verder aan ‘n tersiêre instansie studeer. Die personeel is baie trots op hul matrikulante wat so hard gewerk het. 86 vakonderskeidings is behaal.

Die room van die oes is Bloues se Dux-leerling, Lené Delport wat met 8 onderskeidings spog. Sy het onderskeidings in: Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Verbruikerstudies, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Dramatiese Kunste.

Twee leerders, by name Joné Hugo en Tshepang Likhoele het elk vier onderskeidings behaal. Jandré Swanepoel het drie onderskeidings behaal en nie minder nie as 15 leerders het twee onderskeidings elk behaal.

Onderskeidings is in veertien vakke behaal wat daarop dui dat die Hoërskool Kroonstad oor ‘n breë spektrum presteer.

Mnr. William Drinkwater, skoolhoof is baie trots op sy matrikulante en voorspel ‘n uitstekende 2017 vir Blouskool.

 

Bloues trots op 2015-Matriekklas!

Die matrikulante van die Hoërskool Kroonstad het baie goed gedoen in die afgelope eindeksamen. 98.3% het die NSS-eksamen geslaag. 55 leerders het toelating tot ‘n universteit van hul keuse gekry en 50 kan ‘n diplomakursus by enige tersiêre inrigting volg. Dit is voorwaar ‘n skitterende prestasie gesien in die lig dat 113 kandidate hul uitslae ontvang het.

 

Die Graad 12 dux-leerder, Human Wessels spog met 7 onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, Ingenieursgrafika en Ontwerp en Elektriese Tegnologie. 

 

Ruan van Rhyn het vier onderskeidings behaal in: Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Ingenieursgrafika en Ontwerp en Elektriese Tegnologie. 

Jeanneli Jordaan het 4 onderskeidings elk behaal in: Afrikaans Huistaal, Toerisme, Lewensoriëntering en Engels Eerste Addisionele Taal 

 

Drie leerders, by name; Nicole Dinisio Capontes, Reitumetse Diphoko en Pieter Lategan het drie onderskeidings elk behaal.

 

Sewe leerders het elk twee onderskeidings verwerf.

 

 

Die skool spog met ‘n oes van 57 onderskeidings. Die skoolhoof, mnr. Drinkwater sê die leerders se sukses is te danke aan harde werk en toegewyde onderwysers. Dit is ook verblydend dat soveel leerders in tegniese vakke asook Ingenieursgrafika en Ontwerp uitgeblink het, aangesien Tegniese skole die jaar ‘n nuwe era betree waarin leerders reeds op skoolvlak hul N3-kwalifikasie kan behaal.

 

Ons matrikulante blink jaarliks in die NSS-eksamen uit.

 

Kontak Ons

E-pos Adres

dwn@blouskool.co.za

Telefoonnommers

056 212 4551
056 212 5433

Faksnommer

056 212 5434

Posadres

Privaatsak / Private Bag X38
Kroonstad
9500

Adres

Noordweg / North Way
De Wet Nel Terrein / Terrain
Kroonstad
9499
S27°38.103' E27°14.023'