sanlam-wow-spelfees


Bloues het verlede jaar as gasheer vir die distrikskompetisie van die Stellenbosch Universiteit se Sanlam WOW Spelfees opgetree.

Die doel van die projek is om leerders op ʼn prettige wyse met taal te laat omgaan en sodoende die fondasie te skep vir entoesiastiese nuwe lesers.  Terselfdertyd is dit ook ʼn ideale manier om die geletterdheidsvlak van die skool te verbeter.                   

Die volgende leerders verteenwoordig Bloues tydens die distriksuitdun:

Graad 10:  Tharene van Tonder, Frans Keyser, Cezanne Wessels, Danél Janse van Rensburg

Graad 9: Karla Jonker, Monté Ekron, Hanke Swart, Rudéne Weideman, Eldorése Keogh,Anneri Wessels

Graad 8: Suné Grobbelaar, Bertus van Deventer, Elmar van Aardt, Tiaan van der Walt en Leané Marais.

Hanke Swart stap weg met die prys as die tweede beste speller in graad 9 en die volgende spellers vergesel haar na die provinsiale ronde:  Tharene van Tonder en Danél Janse van Rensburg (gr.10);  Karla Jonker, Monté Ekron, Rudéne Weideman en Anneri Wessels (almal gr.9)  asook ons trotse gr.8-speller, Suné Grobbelaar.

Monté Ekron (gr.9) is een van die beste spellers in die Vrystaat en neem deel aan die WOW-galadag op Saterdag, 17 Oktober 2015 in Stellenbosch.                                           

Bloues is vanjaar weer deur die Stellenbosch Universiteit genader om as organiseerder en gasheerskool vir die Noord-Vrystaat op te tree.  Spellyste is reeds aan alle gr.8, 9 10 Huitaalleerders voorsien om hul te begin voorberei vir die kompetisie en datums sal binnekort op die webwerf beskikbaar wees.

 

Kontak Ons

E-pos Adres

dwn@blouskool.co.za

Telefoonnommers

056 212 4551
056 212 5433

Faksnommer

056 212 5434

Posadres

Privaatsak / Private Bag X38
Kroonstad
9500

Adres

Noordweg / North Way
De Wet Nel Terrein / Terrain
Kroonstad
9499
S27°38.103' E27°14.023'