redenaars


REDENAARS

 

Bloues se deelname aan die ATKV-Redenaarskompetisie was vanjaar besonder suksesvol.

‘n Rekord getal van 11 sprekers het vanjaar aan die streekuitdun deelgeneem. Vyf van hierdie leerlinge dring deur na die semi-finaal in Bloemfontein en die hoogtepunt: Tiaan Botha (gr.10) wen die Vrystaat se Senior Huistaal Afdeling vir Voorbereide Toesprake en oortuig sy gehoor: Volstruispolitiek lê ons land lam. Hy verteenwoordig dan ook die Vrystaat by die Landswye Finaal in Worcester.

 

 Jeanneli Jordaan (gr.12) dring ook deur na die semi-finaal.  die volgende Huistaalsprekers verteenwoordig Bloues by die streekuitdun: France Elize van Niekerk (gr.12), Danél Janse van Rensburg(gr.10),  Lené Delport  (gr.11), Tayla Swanepoel (gr.10),  Alecia Saaiman (gr.9), Mada Oosthuizen (gr.9) en Ju-Marie Swanepoel (gr.8).

           

Vir die eerste keer het Nie-Huistaalsprekers vanjaar ingeskryf en voorbereide en onvoorbereide toesprake gelewer. Hulle vaar uitstekend en almal dring deur na die Vrystaat Ronde:  Mamello Pilenyane, Tsepang Mosia en Precious Molefe.

 

SANLAM WOW-SPELFEES

Bloues het vanjaar as gasheer vir die distrikskompetisie van die Stellenbosch Universiteit se Sanlam WOW-Spelfees opgetree. Die doel van die projek is om leerders op ʼn prettige wyse met taal te laat omgaan en om sodoende die fondasie te skep vir entoesiastiese nuwe lesers.  Terselfdertyd is dit ook ʼn ideale manier om die geletterdheidsvlak van die skool te help bevorder.   Die volgende leerders verteenwoordig Bloues tydens die distriksuitdun:

Graad 10:  Tharene van Tonder, Frans Keyser, Cezanne Wessels, Danél Janse van Rensburg;  graad 9:  Karla Jonker, Monté Ekron, Hanke Swart, Rudéne Weideman, Eldorése Keogh, Anneri Wessels en graad 8:  Suné Grobbelaar, Bertus van Deventer, Elmar van Aardt, Tiaan van der Walt en Leané Marais.

Hanke Swart stap weg met die prys as die tweede beste speller in graad 9 en die volgende spellers vergesel haar na die provinsiale ronde:  Tharene van Tonder en Danél Janse van Rensburg;  Karla Jonker, Monté Ekron, Rudéne Weideman en Anneri Wessels asook ons trotse gr.8-speller, Suné Grobbelaar.

Monté Ekron is een van die beste spellers in die Vrystaat en neem op Saterdag 17 Oktober 2015 deel aan die WOW-Galadag in Stellenbosch.

 

Foto

Fotos

Kurses vir Redenaars bygewoon

Agter: Simon van Heerde, Simodene Corner, Anneri Wessels, Roger Chang, Ju-Marie Swanepoel, Tayla Swanepoel Voor: Carla Schagen, Zahra Engar, Precious Molefe, Bayiyaa Saley, Andrea Kleingeld

Kontak Ons

E-pos Adres

dwn@blouskool.co.za

Telefoonnommers

056 212 4551
056 212 5433

Faksnommer

056 212 5434

Posadres

Privaatsak / Private Bag X38
Kroonstad
9500

Adres

Noordweg / North Way
De Wet Nel Terrein / Terrain
Kroonstad
9499
S27°38.103' E27°14.023'