atkv-jeugtak


ATKV-Jeugtak

Afri-blou, Bloues se ATKV-Jeugtak, stel dit ten doel om die Afrikaanse Kultuur in Bloues se  multikulturele omgewing te bevorder.  Dit word gedoen met groot respek teenoor ander kulture.

Die tak  se eerste projek vanjaar was om op Valentynsdag die onderwysers met hartjie-sleutelhouers te bederf.

Gedurende April was die bestuurslede ook betrokke by ‘n gemeenskapsprojek om geld in te samel  vir die Kroonstad Jeugsorgsentrum.  Dit het ‘n oggendtee met die bekende motiveringspreker, Chere Bryanard, behels en is deur talle Kroonstadse dames ondersteun.

 Die ATKV-jeugtak se kultuurfokusse is:  onderwys, taal, kunsteengemeenskap.

Onderwysprojekte het die ondersteuning en motivering van opvoeders, leerders en ouers ten doel. 

Taalprojekte verwys na die geskrewe en gesproke taal.  Kultuur-projekte behels skeppende en uitvoerende kunste.  Gemeenskapsprojekte verwys na die omgewing,sosiaal-maatskaplike aspekte en gesinswaardes.

 Alle leerders wat graag by hierdie projekte betrokke wil raak kan enige van die  bestuurslede kontak.  Die ledegeld beloop R60 per jaar.

Afri-Blou se bestuur is:  Tayla Swanepoel (voorsitter), Danel Janse van Rensburg (ondervoorsitter), Cezanne Wessels (sekretaresse), Mari van Rijn (tessourier) asook Chantell Reitz en Chayanne Strydom (addisionele lede).

 Tayla Swanepoel (voorsitter) gaan ook gedurende Meimaand die ATKV se Algemene Jaarvergadering by Goudinin bywoon.

 

Foto

Fotos

ATKV-bestuur

Voor: Chantell Reitz (addisionele lid), Tayla Swanepoel (voorsitter), Mari van Rijn (tesourier), Agter: Danél Janse van Rensburg (ondervoorsitter), Cezanne Wessels (sekretaresse). (Afwesig: Chayanne Strydom)

Kontak Ons

E-pos Adres

dwn@blouskool.co.za

Telefoonnommers

056 212 4551
056 212 5433

Faksnommer

056 212 5434

Posadres

Privaatsak / Private Bag X38
Kroonstad
9500

Adres

Noordweg / North Way
De Wet Nel Terrein / Terrain
Kroonstad
9499
S27°38.103' E27°14.023'