Ons Skool

Ons Geskiedenis

Die Hoërskool Kroonstad het tot stand gekom met die proklamasie vir die stigting van Die Hoërskool Kroonstad wat in 1907 in die staatskoerant gepubliseer is.

In 1908 het die skool sy deure vir die eerste keer oopgemaak en was dit die begin van 'n kleurryke tradisie op die gebied van akademie, sport en kultuur.

Die uiteenlopendheid van die drie stigtingskole het daartoe gelei dat Hoërskool Kroonstad sy leerders van die wydste vakkeuse beskikbaar in Suid-Afrika bied.

In 1994 smelt Hoërskool Kroonstad (Blouskool), die Kroonstad Landbouskool (Lanties), die Hoër Tegniese Skool De Wet Nel (Ampies) en Johan Slabbert Spesiale Skool saam.

Die trotse geskiedenis en tradisies van al hierdie skole het bygedra daartoe dat Hoërskool Kroonstad sy karakter en tradisies verder kon uitbrei.

Die Johan Slabbert-terrein funksioneer op sy eie onder die vaandel van die Bloues. Die terrein se skooldrag verskil effens deurdat hulle wit hemde dra.

Praktiese en teoretiese onderrig vir akademiese, tegniese en landbouvakke word onder een dak aangebied. Wat ons nog meer uniek maak is dat hierdie vakke in kombinasies geneem kan word.

 Bloues


 Ons Embleem

Die vier koringare simboliseer die vier skole wat in 1994 saamgesmelt het om die nuwe Hoërskool Kroonstad (BLOUES) te stig.

 Bloues logo2

 Die skole was Hoërskool Kroonstad (Ou Blouskool), die Kroonstad Landbouskool (Lanties), die Hoër Tegniese Skool De Wet Nel (Ampies) asook die Johan Slabbert Spesiale Skool.

Die vier koringare word gebind in `n kroon wat ons dorp Kroonstad en die kroon van God simboliseer.


Ons Vlag

 Dié skoolvlag was die gewildste keuse onder leerlinge.

Hierdie vlag is in gebruik geneem in 2008 vir algemene vertoon en vlagparades.

 Skoolvlag
Ontwerp van vlag: Mnr. B Morgan (2008)


Ons Skoollied

Bloues-Skoollied