vakrigtings


Die belangrikheid van verantwoordelike vakkeuses vir Graad 10

Daar word reeds op ‘n baie vroeë ouderdom aan die einde van Graad 9 van leerders verwag om vakkeuses vir Graad 10 te maak.

Dit word ook van leerders verwag om op hierdie jong ouderdom reeds aan moontlike beroepskeuses te dink aangesien dit hulle vakkeuses sal beïnvloed.

Omdat leerders op hierdie ouderdom dikwels nog nie sekerheid oor hul beroepsbelangstellings het nie, is dit belangrik om die proses positief en stap vir stap aan te pak.

Leerders en ouers hoef glad nie paniekerig te wees nie, maar eerder opgewonde om saam te beplan aan ‘n opwindende en interessante studie- en beroepstoekoms wat sal bepaal wat ‘n geskikte vakkeuse vir Graad 10 sal wees.

Ons hou ook `n vergadering met die graad 9's om hul keuses te bespreek.

Indien jy nog onseker is oor vakkeuses, moet jou ouers jou vergesel vir `n onderhoud met die oog op gesprekvoering vir ‘n sinvolle vakkeuse.

Jou ouers kan gerus die kantoor kontak vir enige navrae in hierdie verband.

 

Sien vakkeuse aan die regterkant onder downloads

 

 

 

 

Downloads

Vakinligting en vakkeuse 2018

Kontak Ons

E-pos Adres

dwn@blouskool.co.za

Telefoonnommers

056 212 4551
056 212 5433

Faksnommer

056 212 5434

Posadres

Privaatsak / Private Bag X38
Kroonstad
9500

Adres

Noordweg / North Way
De Wet Nel Terrein / Terrain
Kroonstad
9499
S27°38.103' E27°14.023'